Saturday 25 June 2016

Baie welkom by die tuisblad van die Windhoek-gemeente van die Volle Evangelie Kerk van God. Ons wil u hartlik uitnooi om na die "Weeklikse program" te gaan en u te vergewis van die bedrywighede in die gemeente. U is ook baie welkom om by ons verskillende byeenkomste in te skakel en God saam met ons groot te maak en te verheerlik.

Pastoor Johan Loots is die voorganger in die gemeente en kan enige tyd geskakel word op selnommer 081 241 4793. Hy kan ook per e-pos bereik word by vekwhk@outlook.com

IETS OM OOR NA TE DINK

Ten einde voorbereid te wees vir die ewige lewe, is daar 3 aspekte waarin elke mens wat Jesus Christus as sy of haar persoonlike Verlosser en Saligmaker aangeneem het aan Hom gelykvormig moet word om dan uiteindelik in 'n 4de aspek aan Hom gelykvormig te word.

1) Aan Sy dood. Dit kom deur die gelowige doop deur onderdompeling (Romeine 6 vers 4a)
2) Aan Sy opstanding. Wanneer u uit die water opkom na u doop staan u op as 'n nuwe mens om in 'n nuwe lewe te wandel (Romeine 6 vers 4b)
3) Aan Sy beeld sodat ons vernederde liggaam van gedaante verander kan 
word (Romeine 8 vers 29) om uiteindelik by die wederkoms van Jesus Christus
4) Aan Sy verheerlikte liggaam gelykvormig te word (Filippense 3 vers 21)

1 comment:

  1. queen casino 50 free spins no deposit 2021 - Casinoinjapan.com
    No bonus codes 2021-03-17 at casinoinjapan.ca. Claim 50 free spins on 카지노사이트 Destiny, クイーンカジノ Gonzo's Quest and Slots, with no ミスティーノ download.

    ReplyDelete